-
Ja.
-
1) As jy registreer, het jy inligting oor hoe jy vorder en 'n vorderingsgeskiedenis.
2) Jy kan ook (ná 'n klein donasietjie) sonder advertensies leer.
-
Ná 'n klein donasietjie van jou kant sal ons die advertensies van jou rekening afhaal. Wees egter asseblief geduldig, want dit is 'n handmatige proses.
-
Jy kan help deur – 1) kommentaar te skryf oor waarvan jy hou en nie hou nie
2) te skryf oor jou idees oor hoe om die leerondervinding (en natuurlik enigiets anders) te verbeter
3) vir jou vriende van ons te vertel (ons webwerf op sosiale netwerke te deel en ons te besoek op https://www.facebook.com/TouchTypingStudy)
-
Die tyd wat dit neem om goed te leer blindtik, hang van jou af. Dis belangrik om gereeld te oefen. Vir goeie resultate stel ons voor dat jy minstens een les per dag doen.
Onthou dat die feit dat jy weet waar al die letters sit nie noodwendig beteken dat jy gereed is om vinnig te tik nie. Jou vingers moet die nodige bewegingspatrone of die sogenaamde “spierbeweging-geheue” van waar elke spesifieke sleutel is, inoefen om te kan tik sonder om aan die sleutels te dink of na die sleutelbord te kyk. Outomatiese bewegings word net deur baie herhaling ontwikkel. Onthou – net oefening maak volmaak – niks anders nie!
-
Om WPM te meet, tel die program hoeveel woorde jy per minuut getik het: 1 woord = 5 karakters (spasies en leestekens ingesluit).
-
Wat die tegniese kant betref, het jy net 'n internetverbinding nodig. Maar om jou blindtikvaardighede te verbeter, het jy ook motivering nodig en moet jy gewillig wees om aan jou vaardighede te werk.
-
Maak asseblief seker dat Caps Lock nie aan is wanneer jy begin tik nie. Dit is wanneer Caps Lock aan is dat die program jou vra om die Shift-sleutel en die betrokke letter tegelykertyd te druk.
-
Typing Study is vir almal wat hulle blindtikvaardighede wil ontwikkel. Blindtik is die vaardigheid wat 'n mens in staat stel om te tik sonder dat jy na die sleutelbord hoef te kyk om die regte letters te vind.
-
Ja. Typing Study is vir mense met disleksie ook geskik. Blindtikvaardighede gee beslis vir iemand met disleksie 'n voorsprong bo iemand sonder blindtikvaardighede. (Omdat party mense met disleksie sukkel met handgeskrewe teks, trek hulle groot voordeel as teks getik is, vanuit 'n spoedoogpunt sowel as 'n leesbaarheidsoogpunt.) En natuurlik help dit geweldig as 'n mens die teks op 'n rekenaar het, want dan kan jy 'n speltoetser gebruik!