Tik jy nog met twee vingers? Moet jy nog steeds na jou sleutelbord kyk om iets te kan tik?
Touch Typing Study is ’n gratis, gebruikervriendelike webwerf wat ontwerp is om jou te leer blindtik (op gevoel te tik), jou tikvaardighede te oefen en jou tikspoed en akkuraatheid te verhoog.
As jy eers die kuns van blindtik bemeester het, sal jy nie meer na die sleutelbord hoef te kyk om dit wat jy wil tik, te soek nie, en sal jy dus baie vinniger kan tik!
Blindtik is ’n metode wat berus op spiergeheue eerder as sig. Dit help jou om data baie vinniger in te voer, veral as jy teks uit ander visuele materiaal moet transkribeer.
Blindtik verhoog jou rekenaarproduktiwiteit aansienlik, maak dat jy fisies minder moeg raak en beskerm jou oë teen ooreising.
Touch Typing Study bestaan uit 15 lesse, ’n spoedtoets en speletjies wat jou in staat stel om stap vir stap te leer tik, jou eie vordering te monitor en pret te hê!